Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
$1,5 m. geëis vir SA fotojoernalis se vrylating
Shiraaz MohamedFoto: Argief

Die groep wat ’n Suid-Afrikaanse fotojoernalis in Sirië gyselaar hou, eis ’n losprys van $1,5 miljoen vir sy vrylating.

Dr. Imtiaz Sooliman van die noodleningsorganisasie Gift of the Givers sê in ’n verklaring Shiraaz Mohamed, ’n Suid-Afrikaanse fotojoernalis, se ontvoerders het vandeesweek gebel om te begin onderhandel vir sy vrylating.

Hulle het $1,5 miljoen (R21 525 000) geëis waarop hy dit duidelik gemaak het dit nie moontlik is nie aangesien Mohamed se familie dit nie kan bekostig nie.

Volgens Sooliman werk Mohamed ook nie vir ’n groot maatskappy wat met die losprys kan help nie en gaan die regering ook nie betaal nie.

Hy is verbaas dat hulle vir so ’n “klein” losprys vra, aangesien ontvoerders soms tussen $5 miljoen en $6 miljoen eis.

Die eis vir die losprys kom nadat die groep op 26 April ’n gyselaarsvideo gestuur het as bewys dat Mohamed nog leef. Dit is meer as twee jaar nadat hy in Sirië gevange geneem is.

’n Skermgreep van die video waarin Shiraaz Mohamed om hulp pleit. Foto: Verskaf

In die video pleit hy onder andere by pres. Cyril Ramaphosa om hom te help.

Volgens Sooliman het hulle in ’n opvolggesprek met die ontvoerders gesê die bedrag is te hoog waarop die ontvoerders gesê het die losprys is onderhandelbaar.

Toe die groep Donderdag terugbel, het hulle benoud geklink en gesê hulle moet die transaksie dringend afhandel, want die Russe is besig om Suid-Idlib en Noord-Hama aggressief te bombardeer en hulle is bang Mohamed kan doodgaan.

Sooliman sê hulle het met Mohamed se familie gepraat oor die verwikkeling en die moontlike gevolge verduidelik.

Volgens hom was Mohamed se ma, Shireen, baie positief.

Haar reaksie het my verbaas. Sy was positief en sterk. Ek gee haar die slegste nuus wat ek haar die afgelope twee jaar gegee het, en sy is positief.

“Haar reaksie het my verbaas. Sy was positief en sterk. Ek gee haar die slegste nuus wat ek haar die afgelope twee jaar gegee het, en sy is positief.

“Sy het gesê sy moet sterk wees vir haar familie. Sy glo dat haar seun teen Ramadaan in haar huis sal wees. Sy het hoop,” sê Sooliman.

Volgens hom het hulle ook hoop, want sonder hoop kan hulle nie die werk doen nie.

Gift of the Givers se hospitaal in Sirië het bevestig dat die bomaanvalle toegeneem het en die hospitaal op gereedheid geplaas is om beseerdes te ontvang.

Sooliman sê hulle is besig om met geestelike leiers te praat om briewe te skryf wat die onmiddellike en onvoorwaardelike vrylating van Mohamed vra om ’n tragedie te voorkom.

Hulle het Pierre Korkie verloor op die dag wat sy vrylating verseker is en Stephen McGown se pa is dood ’n maand voor sy vrylating, sê Sooliman in ’n verklaring.

Hulle wil nie nog so ’n voorval herleef nie.

Mohamed het in Januarie 2017 vir Gift of the Givers vergesel om foto’s van die oorloggeteisterde Sirië te neem. Hy is op pad terug na die Turkse grens gevange geneem.

Gift of the Givers het sedertdien onverpoos gewerk om inligting te bekom oor waar Mohamed is en het op 8 Januarie 2018 die eerste bewys gekry dat Mohamed nog lewe.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.