Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
15 mense behandel ná chemiese lekkasie

Sowat 15 mense is Sondag in ’n hospitaal in Bloemfontein vir die inaseming van ’n chemiese stof behandel.

Die mense, meestal mans wat van Johannesburg afkomstig is, is Sondagmiddag by die Life Rosepark-hospitaal behandel ná ’n chemiese lekkasie by ’n onderneming in Piet Humanstraat in Bloemfontein.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê die mense was besig om te werk toe ’n chemiese tenk begin lek het en dié gasse hulle oorval het.

“Van die pasiënte het geringe beserings opgedoen terwyl ander gesukkel het om asem te haal.”

Paramedici het die mense op die toneel behandel voordat hulle na die Life Rosepark-hospitaal vir verdere behandeling geneem is. Hier is hulle slegs vir waarneming gehou. Hulle is dieselfde dag nog ontslaan.

Meer oor:  Bloemfontein  |  15  |  Mense  | 
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.