Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
16-jarige van Pretoria op pad Nasa toe
Divan Beukman (16) is een van 50 jong mense van oor die wêreld heen wat gekeur is om deel te wees van ’n opleidingsprogram by Nasa in die VSA. Foto: Thapelo Maphekela
Divan Beukman (16) vertel van die opleidingsprogram by Nasa waarvoor hy gekeur is. Hy vertrek 17 Julie na die VSA. Foto: Thapelo Maphekela

Het ons dalk ’n tweede Mark Shuttleworth in Suid-Afrika?

’n 16-jarige seun van Pretoria is een van 50 jong mense van oor die wêreld heen wat gekies is om ’n opleidingskursus by Nasa in die VSA by te woon.

Divan Beukman, ’n leerling aan die Hoërskool Garsfontein, sê dit was vir hom ’n groot skok toe hy hoor hy is gekeur.

“Ek het onmiddellik na my ma toe gehardloop en vir haar die boodskap gewys.”

Elmazet Beukman, Divan se ma, sê hy het met die aansoekvorm by die huis aangekom en hulle het nie verwag dat hy vir so iets gekeur sou word nie.

“My man het gevra: ‘Wat as hy gekeur word? Waar gaan ons die geld kry?’ En wragtig. Daar kry hy keuring,” sê Elmazet.

Divan vertrek op 17 Julie saam met ’n ander Suid-Afrikaner van Wellington wat ook gekeur is, Almé Engelbrecht, na Houston in Texas.

Die 50 gekeurdes gaan vir twee weke opleiding kry in hoe om ’n ontdekkingstog na Mars volledig te beplan.

“Dis vir my ’n groot voorreg om te gaan. Ek is nog altyd baie nuuskierig oor hoe dinge werk en die misterie wat in die ruimte vasgevang is,” sê Divan.

Volgens Elmazet stel hy nog altyd belang in dinge waarvoor daar nie noodwendig antwoorde is nie.

“Hy kyk byna die hele tyd Discovery op DStv en hy doen navorsing oor elke ding wat hy hoor om presies vas te stel hoe dit werk,” sê Elmazet.

Divan wil in hierdie stadium ’n meganiese of chemiese ingenieur word.

Hoewel sy beroepskeuse nie tans is om ’n ruimtevaarder te word nie, is sy droom wel om by Nasa te gaan werk.

“Onthou, daar werk chemiese ingenieurs en dokters. Dis ’n hele span van verskeie kundiges wat help om die ruimte te verken.”

Divan se gunstelingvak is wiskunde, waarvoor hy 96% kry. Hy neem drie wiskunde-modules. Die verpligte wiskunde, alfa-wiskunde en addisionele wiskunde.

“Wiskunde en wetenskap is meer my ding. Ek weet nie so mooi van die tale nie.”

Sy reis na Amerika gaan sy ouers sowat R40 000 uit die sak jaag.

“Ons hoop en bid vir borge. Ons het al R10 000 ingesamel.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.