Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
17 beseer in ongelukke in Bloem

Altesaam 17 mense, waaronder ’n tweejarige meisie, is Vrydag in twee aparte ongelukke in Bloemfontein beseer.

Vrydagmiddag is tien mense beseer nadat twee bakkies by die kruising van die Aliwal- en Harrismithpad in Bloemfontein gebots het.

Luidens ’n verklaring deur ER24 het ’n tweejarige meisie ernstige beserings opgedoen. Nege volwassenes is in die ongeluk beseer.

Tien mense is Vrydagmiddag beseer nadat twee bakkies in Bloemfontein gebots het. Foto: ER24

Die beseerdes is na die hospitaal geneem.

“Daar word verstaan dat ’n aantal werkers op die agterkant van die bakkie gery het toe die botsing gebeur het,” lui die verklaring.

In ’n aparte voorval is sewe mense Vrydagaand beseer nadat ’n taxi en ’n motor in Bloemfontein gebots het.

Sewe mense is Vrydagaand beseer in ’n ongeluk tussen ’n taxi en ’n motor in Bloemfontein. Foto: ER24

Luidens ’n verklaring deur ER24 het paramedici die twee voertuie in Dr. Belcherweg gekry. Verskeie mense het langs die pad gelê.

Niemand is ernstig beseer nie.

Die sewe mense wat ligte beserings opgedoen het, is na die hospitaal geneem.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Motorongelukke  |  Padongelukke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.