Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
17-jarige motorfietsryer sterf in ongeluk

Die polisie ondersoek ’n klag van strafbare manslag en dronkbestuur ná ’n motorongeluk wat die lewe van ’n 17-jarige motorfietsryer geëis het.

Die voorval het Saterdag omstreeks 19:00 op die R336-pad in Kirkwood in die Oos-Kaap gebeur.

’n Isuzu-bakkie het op die pad naby die Sundays River-sitrusmaatskappy ’n koei getref en toe teen ’n aankomende motorfiets gebots, sê sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder.

Die bestuurder van die motorfiets, Felix Meiring, is op die toneel dood verklaar.

Die koei is ook dood.

Die 27-jarige bestuurder van die bakkie is op die toneel vir dronkbestuur in hegtenis geneem.

Die verdagte sal na verwagting Dinsdag in die landdroshof in Kirkwood verskyn.

Meer oor:  Kirkwood  |  Oos-Kaap  |  Strafbare Manslag  |  Ongeluk  |  Motorfietsryer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.