Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
17-jarige veilig tuis ná pa se dood in vliegongeluk

Megan Werner, die 17-jarige stigter van die U-dream Global-inisiatief wie se vlieënier-pa, Des (49), Saterdag in ’n vliegtuigongeluk in Tanzanië dood is, is veilig terug by die huis.

Werner Froneman en Des Werner wat Saterdag in ’n vliegongeluk in Tanzanië dood is. Foto: Facebook/U Dream Global

“Megan is veilig terug, maar is te hartseer om nou met enigiemand te praat,” het ’n gebroke Belinda Werner, Megan se ma, Maandag aan Netwerk24 gesê.

Die Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp, waar Megan in gr. 12 is, het ook Maandag in ’n inskrywing op hul Facebook-blad hul innige simpatie met die Werner-familie betuig.

“Dit is verskriklike nuus en so onwerklik. Ons dra die familie op in ons gebede.”

Die droom van Megan en haar vriende, wat ’n vliegtuig gebou het om van die Kaap na Kaïro te vlieg om hoop aan ander tieners in Afrikalande te bring, het in ’n tragedie geëindig toe Megan se pa en sy medevlieënier, Werner Froneman (39), se bystandvliegtuig Saterdag naby die Tabora-lughawe in Tanzanië neergestort het.

Megan en haar vriende het op 8 Julie vanjaar veilig in Kaïro geland nadat hulle ’n prototipe van ’n Sling-4-vliegtuig gebou het. Hulle het in verskillende lande aangedoen. Die twee handelsvlieëniers was in ’n Sling-4 vliegtuig op pad terug na Suid-Afrika toe die tragedie plaasgevind het. Hulle sou Megan en twee vriende, Driaan van den Heever en Hendrik Kotze, in Malawi ontmoet om die laaste skof terug na Suid-Afrika saam aan te pak.

Sam Manda, woordvoerder van die U-Dream Global-inisiatief, het Maandag aan Netwerk24 gesê die Werner- en Froneman-familie is dankbaar vir al die boodskappe van medelye wat ná die vliegongeluk op sosiale media ingestroom het. “Dit is ontsettend hartseer vir almal. Dankie aan ’n ieder en elk vir al julle ondersteuning,” sê Manda.

Werner word ook deur ’n 21-jarige dogter, Cindy, oorleef. Froneman word deur sy vrou, Nadia, en twee kinders oorleef.

Meer oor:  U-Dream Global  |  Des Werner  |  Megan Werner  |  Tanzanië  |  Vliegongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.