Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
17 kinders uit sentrum in Kaapstad verwyder ná klagtes

17 kinders is ná klagtes van beweerde mishandeling uit ’n sorgsentrum in Woodstock, Kaapstad, verwyder.

Die Wes-Kaapse departement van maatskaplike ontwikkeling het Woensdag bevestig dat die kinders weens “talle ernstige klagtes van beweerde fisieke en seksuele mishandeling” uit die sentrum verwyder is.

“Hulle is na ander sorgsentrums oorgeplaas, en ontvang die nodige maatskaplike steun, insluitend ondersoeke en berading. Strafregtelike klagte is ook by die polisie ingedien.”

Luidens ’n verklaring van die departement het hy weens die erns van die aantygings wat verskeie kinders betrek, besluit dat dit nodig was om die kinders te verwyder en elders te huisves, ingevolge die Kinderwet.

Intussen sal ander plekke gesoek word waar die kinders op lang termyn gehuisves kan word.

“Die departement is ook besig om die sorgsentrum se registrasie op te skort hangende die finale uitslag van sy ondersoek na dié kwessie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.