Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
18 skoolkinders in ongeluk beseer
’n Minibustaxi wat in die botsing was waarin 18 skoolkinders Vrydagoggend beseer is. Foto: Verskaf

Altesaam 18 skoolkinders is Vrydagoggend beseer in ’n botsing tussen vier voertuie in Clermont in Pinetown, KwaZulu-Natal.

Die ongeluk het omstreeks 08:00 gebeur toe die kinders in ’n minibustaxi op pad skool toe was.

Volgens Garrith Jamieson van Rescue Care Paramedics, wat op die toneel was, was twee minibustaxi’s en twee ander voertuie, waaronder ’n bakkie, in die botsing in Khululeka-laan betrokke.

Paramedici het die skoolkinders en twee ander mense op die toneel behandel. Ses mense het ernstige beserings gehad en is na verskeie hospitale in Durban geneem.

Volgens Rescue Care is die oorsaak van die ongeluk nog onduidelik. Polisielede van KwaDabeka was op die toneel, maar kon nog nie vir kommentaar bereik word nie.

Een van die vier voertuie wat Vrydagoggend in die ongeluk in Pinetown betrokke was. Foto: Verskaf

Meer oor:  Pinetown  |  Skoolkinders  |  Ongeluk  |  Beseer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.