Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
19 reeds dood op paaie in Wes-Kaap

Daar was reeds 19 sterfgevalle op Wes-Kaapse paaie sedert die begin van die Paasnaweek Donderdag, sê Kenny Africa, provinsiale verkeershoof.

Die vragmotor wat Maandagoggend naby die Hugenote-tonnel omgewaai het.

Volgens hom sluit die sterfgevalle 12 voetgangers, vier motoriste en drie passasiers in.

Hy sê daar kan nog nie gesê word of daar vanjaar minder of meer sterfgevalle as verlede jaar sal wees nie.

“Die Paasnaweek eindig eers Maandag en dan sal daardie syfers bekend gemaak word. Verlede jaar was daar 27 sterfgevalle.”

Volgens hom is twee voetgangers Donderdag in onderskeidelik Nyanga en Kuilsriver dood, terwyl ’n motoris op die N1 by De Doorns in ’n ongeluk dood is.

Vrydag is ’n 40-jarige manlike voetganger in Khayelitsha, ’n tweejarige meisie in Eersterivier en ’n 53-jarige manlike voetganger in Franschhoek dood.

Africa sê vyf voetgangers is Saterdag dood, wat ’n 30-jarige man in Manenberg, ’n 37-jarige man in Observatory, ’n tweejarige seuntjie in Mitchells Plain, ’n 63-jarige man in Lentegeur en ’n 28-jarige man in Delft insluit.

Een manlike motoris is dood in Maitland en een vrouepassasier in Darling.

’n Vroulike voetganger (35) is Sondag dood in Kuilsrivier, sowel as ’n voetganger in Kraaifontein en ’n 40-jarige manspassasier in Brackenfell.

Volgens Africa was daar drie sterfgevalle in die Suid-Kaap.

Twee mense is in George dood, wat ’n 23-jarige voetganger Vrydag en ’n 35-jarige passasier Saterdag insluit.

’n Motoris is Sondag in Knysna dood toe hy beheer oor sy motor verloor het.

Nog ’n ongeluk op die N1 in die rigting van Paarl by Klipheuwel het Maandag omstreeks middernag plaasgevind toe twee motors teen mekaar gebots het. Kobus Kotze, woordvoerder van Titanium Securitas, ’n veiligheidsmaatskappy, sê die ses mense wat in die ongeluk betrokke was, het net ligte beserings opgedoen.

Maandagoggend het ’n swaar vragmotor op die brug net buite die Hugenote-tonnel weens sterk wind omgeslaan.

Vyf bestuurders is in hegtenis geneem vir vals rybewyse; twee elk in Caledon en Laingsburg, en een in Swellendam.

Africa sê daar was geen beserings nie. “Swaar vragmotors en voertuie met sleepwaens en woonwaens word egter verbied om oor die brug of deur die tonnel te ry,” sê hy.

Volgens Africa is 2 860 voertuie gestop en 735 bestuurders is vir dronkbestuur getoets. 44 dronkbestuurders is in hegtenis geneem.

Africa sê die hoogste bloedalkohol-vlak van 1.30 mg/100 ml is in Mosselbaai aangeteken. “Dit is vyf keer oor die wettige perk.”

Vyf bestuurders is in hegtenis geneem vir vals rybewyse; twee elk in Caledon en Laingsburg, en een in Swellendam.

’n Bestuurder is in Worcester vir oorlading aangekeer, terwyl ’n ander een in Swellendam vasgetrek is.

Twee bestuurders is vir roekelose en nalatige bestuur in Somerset-Wes en Vredenburg in hegtenis geneem.

’n Motoris is vir die besit van tik in Vredenburg in hegtenis geneem.

222 bestuurders is vervolg vir die oortreding van die spoedgrens.

In Laingsburg is ’n bestuurder in hegtenis geneem nadat hy 162 km/h in ’n 120 km/h-sone gery het.

Volgens Africa het die verkeersdepartement die naweek 341 boetes ter waarde van R435 350 uitgereik.

Meer oor:  Kenny Africa  |  Wes-Kaap  |  Padsterftes  |  Ongeluk  |  Paasverkeer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.