Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Saray Khumalo bereik kruin van Everest

Die Johannesburger Saray Khumalo het in die vroeë oggendure van Donderdag (Suid-Afrikaanse tyd) die kruin van die berg Everest bereik.

Sy is die eerste swart vrou van Afrika wat dit doen.

Khumalo, wat in Zambië gebore is, is 'n Suid-Afrikaanse burger. Die bergklimgogga het haar gebyt nadat sy die berg Kilimanjaro in 2012 uitgeklim het, luidens 'n verklaring op die Facebook-groep, Summits With a Purpose, Khumalo se amptelike blad, geplaas is.

Sy het die berg Elbrus in Rusland in 2014 geklim en Argentinië se berg Aconcagua in 2015.

Wanneer sy klim samel sy fondse vir onderwys in. Sy het reeds R1 miljoen as ambassadeur van die Nelson Mandela-stigting se biblioteekprojek vir skole ingesamel.

Dit is haar vierde poging. In 2014 moes sy omdraai nadat 16 sjerpas in 'n sneeustorting dood is en in 2015 het 'n aardbewing in Nepal haar planne omvergegooi. Sy het die suidelik piek in 2017 bereik, maar moes met 'n helikopter gered word nadat sy beseer is en ernstige vriesbrand opgedoen het.

LEES OOK: SA klimmer herstel goed ná redding van Everest

"Deur suiwer deursettingsvermoë en moed het sy besluit om vanjaar terug te keer," lui die verklaring.

LEES OOK: 'n Droom aan skerwe

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.