Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
2 boeties dood, dalk weens kos

’n Ma van Katlehong verwyt haarself nadat twee van haar kinders vermoedelik aan voedselvergiftiging dood is.

“As ek maar net self van die kos geëet het, sou hulle seker vandag nog hier gewees het,” het ’n hartseer Phumzile Mbatha Woensdag gesê.

Haar huis was stampvol roubeklaers wat kom hoor het wat Dinsdag tot die dood van klein Sabelo (10) en Sinenthlanthla (5) gelei het.

Phumzile Mbatha (links), die seuns se ma, kan steeds nie glo twee van haar seuns is dood nie. By haar is Naomi Ngondo, die seuns se ouma. Foto: Zukhanye Mtebele

Die twee seuns en hulle boetie Sanele (7) het Dinsdag voor skool beet, pap en hoender geëet wat een van die huurders, wat agter in die erf bly, vir hulle gegee het.

Skaars ’n uur nadat die skoolklok gelui het, het ’n onderwyser by die Kumalo Primary School Mbatha ingelig dat Sabelo en Sanele na die kliniek geneem is toe hulle oor maagkrampe gekla het.

Mbatha was intussen besig om haar jongste seun te dokter wat ook naar was en maagpyn gehad het.

“Toe ek nuus kry van my ander twee, het ek met Sinenthlanthla kliniek toe gehaas.”

Naomi Ngondo (links) ouma van die twee oorledenes, Thokozile Mbatha, die seuns se tannie en Sibongile Mbatha, hul ander ouma.Foto: Zukhanye Mtebele
Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het Woensdag die gebroke Mbatha-familie in Kathlehong besoek.Foto: Zukhanye Mbtebele

Thabisile Yende, ’n familievriend, sê die seuns se dood is ’n groot skok. “Phumzile het vinnig na die kliniek gegaan – al drie seuns het nog gelewe, maar omstreeks 10:00 het Sabelo en Sinenthlanthla gesterf.

“Die sewejarige Sanele is tans in die Thelle Mogoerane-streekhospitaal in Vosloorus. Phumzile en die hele gesin is gebroke,” sê Yende.

Woensdag het Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir onderwys, die gesin by hul huis besoek.

Lesufi sê dit is vir die departement van uiterste belang om te weet wat die dood van die twee seuns veroorsaak het en wie daarvoor verantwoordelik is.

Die huurder wat die kos verskaf het, was nie Woensdag daar tydens Lesufi se besoek nie.

Nozipho Mabuza, wyksraadslid.Foto: Zukhanye Mbtebele

“Ons kan in dié stadium nog nie bevestig wat die oorsaak van hul dood is nie, maar ons wil graag so gou as moontlik weet sodat die ouers en familie kan aanbeweeg met hul lewens.

“Intussen is ’n onafhanklike forensiese taakspan aangestel wat die saak verder sal ondersoek en die departement van gesondheid sal die kos toets. Die leerlinge by die laerskool kry ook berading,” sê Lesufi.

Volgens Nozipho Mabuza, wyksraadslid, krap die seuns se dood ou wonde oop. “Vroeër vanjaar was die gemeenskap geruk toe ons afskeid moes neem van twee leerlinge van die Thokoza Primary School – hulle was verwurg.

“Nou moet ons weer afskeid neem.”

Leerlinge van die Kumalo Primary School sal berading kry. Foto: Zukhanye Mtebele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.