Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
2 dood, 1 beseer in gru-ongeluk

Twee mense is dood en nog ’n persoon het ernstige beserings opgedoen in ’n grusame ongeluk tussen twee voertuie omstreeks 07:00 Saterdagoggend op die R304 Klipheuwel-pad in die Wes-Kaap.

“ ’n 29-jarige vrou en ’n 15-jarige tienermeisie is in die ongeluk dood,” sê Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof.

Volgens Africa het nog ’n vrou ernstige beserings opgedoen en is sy deur paramedici op die toneel gestabiliseer voordat sy na ’n hospitaal gebring is.

“Die roete is tydelik vir verkeer gesluit, maar weer later heropen. Die omstandighede wat tot die ongeluk gelei het, sal ondersoek word,” sê Africa.

ong
Die ongelukstoneel. Foto: Verskaf

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.