Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
2 dood, 3 beseer in botsing by Phalaborwa
Die uitgebrande taxi en die wrak van die VW Polo. Foto: Verskaf

Die polisie in Limpopo ondersoek ’n saak van strafbare manslag nadat twee mense Sondagoggend in ’n ongeluk tussen ’n VW Polo en ’n minibustaxi naby Phalaborwa dood is.

Nog drie mense is in die ongeluk beseer.

Kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die twee voertuie was omstreeks 05:40 op die R71 tussen Phalaborwa en Namakgale in ’n botsing reg van voor.

Die bestuurder en een van vier passasiers in die VW Polo is op die toneel dood. Drie ander passasiers in die Polo is ernstig beseer. Twee passasiers in die minibustaxi het ook ernstige beserings opgedoen toe dit aan die brand geslaan het.

Die ondersoek na die voorval is volgens Ngoepe nog nie afgehandel nie en polisie is tans besig om die identiteit van die oorledenes te bevestig.

Die wrakstukke van die VW Polo. Foto: Verskaf
Reddingswerkers blus die brandende minibustaxi. Foto: Verskaf
Twee van die slagoffers is ernstig beseer toe die minibustaxi aan die brand slaan. Foto: Verskaf
Meer oor:  Phalaborwa  |  Strafbare Manslag  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.