Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
2 dood, 6 beseer toe minibus in Golden Gate rol

Twee mense is dood en ses beseer toe ’n minibustaxi Woensdagoggend teen ’n berghang afgerol het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê die taxi het op die R712, tussen Clarens en Qwaqwa, deur die Golden Gate Nasionale Park gery toe die ongeluk gebeur het.

Nooddienswerkers van ER24 en die provinsiale gesondheidsdienste is na die toneel ontbied en het op die minibus afgekom waar dit ’n ent van die pad teen die berghang gelê het.

Passasiers het volgens Meiring rondom die minibus gelê en paramedici het gesien twee mense het veelvuldige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel dood verklaar.

Ses mense met matige tot ernstige beserings is met ambulanse na nabygeleë hospitale geneem.

Die polisie was Woensdag op die toneel om vas te stel wat tot die ongeluk gelei het.

Die name van die oorledenes is nog nie bekend gemaak nie.

Meer oor:  Russel Meiring  |  Ongeluk  |  Minibus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.