Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
2 dood, 79 beseer in botsing
ongie
Die motor het uitgebrand. Foto: Verskaf

Twee mense is dood en 79 beseer in ’n botsing Saterdagoggend tussen ’n bus en ’n ligte voertuig op die R538 Numbiweg naby Witrivier in Mpumalanga.

Daar was verskeie mense net ná 08:00 op die toneel toe paramedici van die nooddiens ER24 daar aankom.

Die bus het langs die pad gelê en ’n bietjie verder ’n motor wat heeltemal uitgebrand was.

Insittendes het ligte tot ernstige beserings opgedoen toe dit met ’n voertuig gebots het.

Die ongeluk is deur die departement van veiligheid in Mpumalanga bevestig.

Ineke van Huyssteen, ’n woordvoerder van ER24, sê noodwerkers het twee mense is dood in die ligte voertuig.

Die passasiers van die bus het ligte tot ernstige beserings opgedoen.

Nooddienspersoneel het die beseerdes na verskeie hospitale gebring.

Van Huyssteen sê die presiese oorsaak rondom die voorval is nog nie bekend nie.

Die polisie was op die toneel vir verdere ondersoek.

’n Botsing tussen ’n bus en ’n motor op die R538 het tot twee sterftes en 79 besering gelei.

Meer oor:  Mpumalanga  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.