Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
2 dood, 80 buspassasiers beseer in Limpopo-ongeluk

Twee mans is dood in ’n botsing vroeg Saterdagoggend tussen ’n bus, bakkie en ’n Toyota Fortuner in Limpopo.

Werner Vermaak, ER24-woordvoerder, sê in ’n mediaverklaring die ongeluk het op die R71 tussen Letsitele en Gravelotte gebeur.

Die Toyota Fortuner wat ’n ent van die bus gevind is.Foto: ER24

“Toe paramedici kort ná 05:30 op die toneel kom, het verskeie mense naby die bus gesit of gelê. ’n Bakkie was onder die voorste gedeelte van die bus vasgepen en ’n derde voertuig was ’n paar meter van daar.

Die bus waaronder die bakkie vasgepen was. Foto: ER24

“Ons paramedici kon sien mense is in die bakkie onder die bus vasgekeer, maar kon hulle nie bereik nie. Toerusting is ingebring om die bus van die bakkie te lig. Nadat die bus gelig is, is ons vermoede bevestig dat albei die mense in die bakkie dood is,” sê Vermaak.

“Een persoon op die bus het erge handbeserings opgedoen.”

Die bestuurder en 80 ander insittendes van die bus is na nabygeleë hospitale geneem waar hulle vir ligte beserings en skok behandel is.

Die bus was blykbaar vanaf Lephalale na Phalaborwa onderweg toe die botsing plaasgevind het.

Die oorsaak en omstandighede van die ongeluk word nog ondersoek.

Meer oor:  Er24  |  Limpopo  |  Ongeluk  |  Sterfgevalle  |  Beserings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.