Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
2 dood, 9 beseer ná BMW in pondok vasry
Die wrak van die BMW nadat dit teen ’n pondok in Khayelitsha vasgery het. Foto: Verskaf

Twee mans is Sondag dood en nege ander mense is beseer ná ’n motorbestuurder in ’n informele huis in Khayelitsha, Kaapstad, vasgery het.

Die ongeluk het op Japhta K. Masemola-weg reg oorkant die Nolungile-stasiebrug gebeur toe die bestuurder van ’n BMW beheer oor die voertuig verloor het, sê Richard Coleman, woordvoerder van die Kaapstadse verkeersafdeling.

Lt.kol. Andrè Traut, ’n polisiewoordvoerder, het bevestig dat die oorledenes die inwoners van die pondok was.

“Die bestuurder van die voertuig het die ongeluk oorleef,” sê Traut.

Nog vier mense is ernstig beseer, terwyl vyf ander ligte beserings opgedoen het.

Traut sê die omstandighede word nog ondersoek.

Die verwoeste pondok nadat ’n BMW daarin vasgery het. Foto: Verskaf
Meer oor:  Khayelitsha  |  Kaapstad  |  Ongeluk  |  Hokkie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.