Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
2 dood in botsing in Worcester

Twee mense agter op ’n vragmotor is Vrydag omstreeks 10:30 dood toe ’n vragmotor met ’n vrag betonplate en ’n ligte motorvoertuig in Roux-weg, Worcester, gebots het.

Die vragmotor het ná die ongeluk op sy sy gelê en die pad is vir verkeer gesluit. Verkeersbeamptes het die verkeer beheer, het die provinsiale verkeersdiens bevestig.

Luidens ’n verklaring van kapt. Lindikhaya Mkhontwana, polisiewoordvoerder in Worcester, het ’n Volvo, wat van Kaapstad se kant gekom het, gebots teen die wit Hyundai-vragmotor wat van De Doorns se kant af met die N1 langs gekom het.

Die vragmotor lê op sy sy na die ongeluk.

“Dit is nog onduidelik wat tot die ongeluk gelei het,” sê Mkhontwana.

Geeneen van die bestuurders is beseer nie. ’n Passasier wat in die vragmotor was, is lig beseer en in ’n hospitaal behandel.

Die polisie ondersoek ’n klag van strafbare manslag, sê Mkhontwana.

Enigiemand met inligting kan Mkhontwana kontak by 082 411 3064 of die Stop Misdaad-nommer by 08600 10111.

Meer oor:  Worcester  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.