Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
2 dood toe hulle tydens betoging raakgery is
Inwoners van Middelburg het reeds Donderdag na die plaaslike Inxuba Yethemba-munisipale kantore opgeruk oor ontevredenheid met munisipale dienslewering. Foto: Verskaf

Twee mense is Vrydag dood nadat ’n vragmotor hulle raakgery het tydens ’n betoging net buite Middelburg in die Oos-Kaap.

Die polisie het bevestig ’n 20-jarige man is op die toneel dood, terwyl ’n 38-jarige man ernstig beseer is en later in die hospitaal dood is.

Die voorval word nog ondersoek.

Kol. Sibongile Soci, provinsiale polisiewoordvoerder, sê sake van strafbare manslag word ondersoek.

Vroeër Vrydag het die polisie gesê alle toegangspaaie na Middelburg is met klippe en bande versper. Motoriste word aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik as hulle na Colesberg, Steynsburg, Graaff-Reinet en Cradock ry.

Later het Soci gesê die situasie is steeds gespanne en die polisie se eenheid vir openbare orde monitor die situasie.

Na verneem word spruit Vrydag se betoging uit ontevredenheid oor dienslewering van die plaaslike Inxuba Yethemba-munisipaliteit.

In September het ’n gewelddadige betoging op die buurdorp, Cradock, uitgebreek toe inwoners hul misnoeë oor korrupsie in die munisipaliteit en swak dienslewering gewys het.

Vroeër die week het sowat 3 000 inwoners tydens ’n vreedsame optog na die munisipale kantore in Cradock opgeruk en ingryping van die departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) geëis.

Monde Desha, ’n plaaslike DA-raadslid, sê die betogings het Donderdag na Middelburg oorgespoel, met inwoners wat voor die Middelburg-stadsaal byeengekom het, waarna die betogings Vrydag hervat is.

Hy sê ’n gedeelte van die groep is ongelukkig omdat daar te min bruin mense in die plaaslike munisipale kantoor in Middelburg aangestel is, terwyl die meeste geëis het dat amptenare wat by bedrog en korrupsie betrek word, afgedank word.

Die Valke het einde September op die Inxuba Yethemba- munisipale kantore in Cradock toegeslaan in verband met beweerde tenderbedrog in die 2017-’18-boekjaar. Dit behels glo sowat R26 miljoen. Die Valke het beslag gelê op dokumente wat verband hou met die aantygings.

Netwerk24 se versoek vir kommentaar van Noncedo Zonke, burgemeester, is nie Vrydagmiddag beantwoord nie.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Middelburg  |  Betoging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.