Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
2 dood, verskeie beseer toe skoolbus omslaan

Twee seuns wat vermoedelik neefs was, is dood en meer as 30 kinders beseer toe ’n skoolbus Dinsdag in Noordwes omgeslaan het.

Die 37-jarige busbestuurder is op die toneel op aanklag van strafbare manslag in hegtenis geneem, sê kapt. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder.

Volgens hom was die bus met leerlinge van die Thuto ke Matla Sekondêre Skool en die Phenyo Botlhe Laerskool omstreeks 07:30 van Doornlaagte op pad na Groot-Marico.

“Die bus het by die T-aansluiting met die N4-pad wat Zeerust en Swartruggens verbind, stilgehou.

“Van die leerlinge het uitgeklim en die busbestuurder het glo ook uit sy sitplek opgestaan en uitgeklim om met van die passasiers te praat.

“Soos hy van die bus afgeklim het, het dit agteruit teen die steilte begin afrol. Niemand kon dit stop nie,” het Tselanyane gesê.

Die bus het toe sywaarts getuimel en omgeval.

“Twee skoolseuns, onderskeidelik 15 en 16 jaar oud, is in die bus dood. Dit is onseker of dit van die valslag van die bus was en of dit was toe ander leerlinge en skooltasse op hulle geval het,” sê die polisiewoordvoerder.

Die polisie het ná die ongeluk nog probeer vasstel presies hoeveel kinders op die bus was, maar kon voorlopig sê daar was minstens 30 leerlinge aan boord.

“Almal is beseer. Party het geringe en ander ernstiger beserings opgedoen.”

Freddy Sepeng, woordvoerder van Noordwes se onderwysdepartement, sê volgens hul voorlopige inligting is minstens 20 kinders na verskillende hospitale geneem.

“Ons is diep bedroef deur die voorval en wil graag ons medelye met die twee kinders se families betuig,” het hy gesê.

Meer oor:  Noordwes  |  Skoolbus  |  Ongeluk  |  Sterfgevalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.