Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: 2 ernstig beseer toe weermag-helikopter neerstort

Twee mense is ernstig beseer toe ’n weermaghelikopter Donderdagmiddag langs die Zwartkop-gholflandgoed in Centurion neergestort het.

Een van die beseerdes word deur paramedici na ’n weermaghelikopter gedra op die ongelukstoneel in Centurion. Foto: Best Care

Xander Loubser, woordvoerder van die BestCare-ambulansdiens, het aan Netwerk24 gesê dat twee insittendes van die helikopter veelvuldige frakture opgedoen het. Die beseerdes is per weermaghelikopter na die Netcare Unitas-hospitaal geneem.

“Die toneel is afgesper en motoriste word versoek om die gebied te vermy,” het Loubser gesê.

Volgens Charles Mabaso, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, het die helikopter in ’n veld langs die R101-pad naby die gholflandgoed neergestort.

“Die beseerdes is op die ongelukstoneel gestabiliseer voordat hul na die hospitaal geneem is.”

Simphiwe Dlamini, hoof van kommunikasie by die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, het die voorval bevestig en gesê dat die oorsaak van die ongeluk ondersoek word. “Ek kan bevestig dat ’n Agusta A10E-helikopter neergestort het. Twee mense is beseer en is deur die weermag hospitaal toe geneem.”

Die wrak van die helikopter wat Donderdagmiddag langs die Zwartkop-gholflandgoed in Centurion neergestort het.Foto: Best Care
Die helikopterwrak op die ongelukstoneel in Centurion. Foto: Best Care
Meer oor:  Centurion
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.