Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
2 kinders dood in botsing ná aandklokreël

Twee kinders en ’n volwassene is Saterdag in ’n ongeluk in Mpumalanga dood nadat hulle die aandklokreël verbreek het en nog op die pad was.

Moeti Mmusi, woordvoerder van verkeer in Mpumalanga, sê die ongeluk was omstreeks 01:00 Saterdag nadat ’n minibustaxi en motor reg van voor gebots het.

“Twee kinders sowel as die bestuurder van die motor is in die ongeluk dood. ’n Minibustaxi en Toyota Conquest het omstreeks 01:00 op die N4-tolpad naby Machadodorp reg van voor gebots.”

Mmusi sê die bestuurder en die kinders is op die toneel dood, terwyl vier insittendes van die taxi ernstige beserings opgedoen het.

Die vier insittendes word by ’n nabygeleë hospitaal vir hul beserings behandel.

“Ons wil ’n beroep op motoriste doen om die Covid-19-regulasies na te kom,” het Vusi Shongwe, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, gesê.

Shongwe sê motoriste moet nie ná die aandklokreël op die pad wees nie en hul roetes voor die tyd beplan sodat hulle hul eindbestemming bereik voor die aandklokreël in werking tree.

“Ons moet almal die regulasies nakom. Diegene wat die rampbestuurswet verontagsaam, insluitend motoriste wat nie permitte het om op die pad te wees nie, sal in hegtenis geneem word,” sê Shongwe.

Shongwe het sy medelye aan die oorledenes wat in die Toyota was, se families gestuur.

Meer oor:  Mpumalanga  |  Gevalle  |  Entstof  |  Sterftes  |  Covid-19  |  Covid-19-Entstof  |  Bevelsraad  |  Infeksies  |  Hospitaal  |  Koronavirus  |  Koronavirussiekte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.