Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
2 leerlinge, bestuurder dood in oorlaaide voertuig

Twee hoërskoolleerlinge en ’n motorbestuurder is Maandagaand in ’n motorongeluk op die R408 in die Oos-Kaap dood.

Na wat verneem word, was die Toyota Avanza waarmee leerlinge van die Pakamisa Senior Secondary School in Ngcobo van die skool na hul huise vervoer is, oorlaai.

Die motor was van Ngcobo na Dutywa onderweg toe die bestuurder glo beheer verloor en die motor omgeslaan het.

Die res van die nege leerlinge wat in die motor was, is met ernstige beserings in die plaaslike All Saints-hospitaal opgeneem.

Weziwe Tikana, LUR vir veiligheid en vervoer in die provinsie, het Dinsdag in ’n verklaring haar medelye met die families van die oorledenes uitgespreek.

Ons gedagtes en gebede is met die families in hierdie moeilike tyd van rou oor hul kinders.

Volgens die departement was daar 12 insittendes in die motor, wat slegs sitplek vir sewe passasiers het.

Tikana het ’n beroep op vervoerdienste en ouers gedoen om die veiligheid van kinders bo kostebesparings én wins te plaas.

Sy het die voorval as ’n “bittere les” bestempel en gesê padveiligheid is die gesamentlike verantwoordelikheid van owerhede, vervoerdienste en ouers wat die motors kontrakteer om hul kinders te vervoer.

“Dit is hartseer en tragies dat kinders op so ’n manier dood is terwyl baie ander om hul lewe veg in die hospitaal.

“Ons gedagtes en gebede is met die families in hierdie moeilike tyd van rou oor hul kinders.”

Mali Mtima, woordvoerder vir die departement van onderwys in die Oos-Kaap, het ondanks herhaalde probeerslae nie Dinsdag gereageer op navrae rondom die vervoerreëlings van die leerlinge wat in die ongeluk betrokke was nie.

Die name van die oorledenes was nie onmiddellik bekend nie.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Sterf  |  Motorongeluk  |  Bestuurder  |  Leerlinge
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.