Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
2 lyke in rioolput agter hotel in Kaapstad gevind

Die polisie ondersoek die omstandighede ná die ontdekking van die lyke van twee instandhoudingswerkers in ’n rioolput agter die Table Bay-hotel in Kaapstad.

Jermaine Carelse, woordvoerder van die Kaapstad-metro se brand-en-reddingsdienste, het Woensdagoggend gesê die lyke is Dinsdagaand in die put gevind.

Reddingswerkers is met toue vasgemaak voordat hulle in die rioolput af is.

Die owerhede is om 18:30 ontbied na waar die lyke van die twee instandhoudingswerkers in die put by East Pier-weg by die V&A Waterfront gevind is.

Carelse sê die put was gevul met toksiese gasse en reddingswerkers moes suurstofmaskers dra. Hulle is ook met toue vasgemaak voordat hulle in die put af is.

Die eerste lyk is om 22:20 uit die put gehaal en die ander een net ná middernag.

Reddingswerkers by die rioolput agter die Table Bay-hotel in die V&A Waterfront waar twee lyke gevind is.
Reddingswerkers lê en praat met kollegas wat by die rioolput afgestuur is om twee lyke uit te haal.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, sê die een man was 22 en die ander een 52 jaar oud.

Rwexana het nie vrae beantwoord oor of daar enige misdaad vermoed word nie, en net gesê ’n geregtelike doodsondersoek word gedoen.

Donald Kau, die V&A Waterfront se woordvoerder, sê die mans was besig om gewone instandhoudingswerk by een van die rioolputte te doen.

Hy sê dis nog nie duidelik wat presies gebeur het nie.

Meer oor:  Kaapstad  |  Lyke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.