Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
2 matrieks dood in huisbrand

Twee matrieks, van onderskeidelik 18 en 21, is Dinsdag dood in ’n huisbrand in Pine Ridge naby eMalahleni in Mpumalanga.

Luidens ’n polisieverklaring het inwoners gesê daar was ’n kragonderbreking in die gebied, en toe die krag ná ’n rukkie weer herstel is, het hulle rook en vlamme gesien wat by die huis uitborrel.

“Die mense het na die huis gegaan om te help en kon daarin slaag om die ma uit die huis te kry. Sy is in ’n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem.

“Die brand het ongelukkig die lewens geëis van die jong mans wat binne vasgekeer is,” sê brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder.

Die slagoffers was albei graad 12-leerlinge aan die Pine Ridge Combined School.

’n Geregtelike doodsondersoek word gedoen en die oorsaak van die brand moet nog vasgestel word.

huisbrand,  eMalahleni
Twee matrieks is Dinsdag in hierdie huis in Pine Ridge naby eMalahleni dood.

Meer oor:  Mpumalanga  |  Emalahleni  |  Huisbrand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.