Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
2% meer geboortes in 2017 in SA geregistreer
Risenga Maluleke, statistikus-generaal van Suid-Afrika. Foto: Argief

Sowat 989 318 geboortes is verlede jaar in Suid-Afrika geregistreer – en die meeste van hulle was seuntjies.

Luidens die verslag van Statistieke Suid-Afrika oor geboortes in 2017 in die land, wat Maandag in Pretoria bekend gemaak is, is dit ’n toename van 2,1% teenoor die 969 415 geboortes wat in 2016 geregistreer is.

Van die 989 318 geboortes wat in 2017 geregistreer is, is 897 750 babas daardie jaar gebore en 91 568 babas is in 2016 of vroeër jare gebore.

Die meeste van die geboortes in 2017 was seuns (460 774), terwyl 452 725 meisies was.

Statistieke toon dat Suid-Afrika 102 manlike geboortes het per 100 vroulike geboortes.

Weens ’n groot aantal van die geregistreerde geboortes wat nie besonderhede van die pa’s bevat nie, kan vergelykbare of betroubare inligting oor die pa’s nie verskaf word nie, sê Risenga Maluleke, statistikus-generaal.

Gauteng het die hoogste getal babas geregistreer (239 457), gevolg deur KwaZulu-Natal waar 197 913 geboortes verlede jaar aangeteken is.

Die minste geboortes is in die Noord-Kaap geregistreer (24 395), gevolg deur die Vrystaat (50 130). Hierdie getalle is in ooreenstemming met die grootte van die onderskeie provinsies se bevolkings, sê Maluleke.

Meer oor:  Geboortes  |  Statistieke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.