Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
2 ongelukke beskadig eiendom in Krugerwildtuin

Drie mense, van wie een van dronkbestuur aangekla gaan word, is beseer nadat ’n bakkie in die Kruger Nasionale Park deur die muur van ’n waghuis gebars het.

In nog ’n voorval vroeër Woensdagaand het ’n ander voertuig in die ingangshek van die Krugerwildtuin vasgery.

Sanparke het Donderdag in ’n twiet foto’s gedeel van die bakkie wat deur die muur van die waghuis gebars het. ’n Leë bottel bier kan agterin gesien word.

Isaac Phaahla, ’n woordvoerder van Sanparke, sê dié voorval het omstreeks 23:00 gebeur.

“Die bakkie het deur die hek gebars en die waghuis getref. Drie mense is beseer. Die bestuurder wat in die hospitaal beland het, is intussen ontslaan en sal van dronkbestuur en die beskadiging van eiendom aangekla word,” het Phaahla gesê.

Volgens die Wildtuin se twitter-profiel sal die bakkiebestuurder Donderdag in die hof in Bosbokrand verskyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.