Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
2 ongelukke eis 18 op Vrystaat-paaie
Een van die minibus-taxi’s staan Saterdagoggend langs die R26 tussen Bethlehem en Fouriesburg in die Oos-Vrystaat nadat ’n botsing tussen twee taxi’s en ’n BMW tot die dood van 13 mense gelei het. Foto: Facebook

Minstens 18 mense, onder andere 12 Lesotho-burgers, is sedert Vrydag in slegs twee afsonderlike ongelukke op paaie in die Vrystaat dood.

12 van die 13 mense wat Saterdag in ’n gru-ongeluk dood is, is Lesotho-burgers wat na Durban onderweg was.

’n Brandweerman blus die vlamme wat ’n minibus-taxi Saterdagoggend op die R26 tussen Bethlehem en Fouriesburg verswelg het. 11 mense, waaronder die bestuurder, het in die taxi verkool. Nog ’n passasier is in ’n tweede taxi dood, asook die bestuurder van ’n BMW wat met die taxi’s gebots het. Foto: Facebook

Die ongeluk het Saterdagoggend omstreeks 03:00 op die R26 tussen Bethlehem en Fouriesburg gebeur toe ’n BMW met ’n Gautengse nommerplaat glo op ’n soliede streep reg van voor teen ’n minibustaxi gebots het. ’n Tweede taxi het toe vermoedelik in die eerste een vasgery.

11 mense, waaronder die bestuurder, is onherkenbaar verkool in die eerste taxi. ’n Insittende in die tweede taxi is ook dood. Die bestuurder van die BMW is ook op die toneel dood. Nog 16 mense is beseer.

Hillary Mophethe, woordvoerder van die Vrystaatse departement van polisie, paaie en vervoer, sê albei taxi’s was van Lesotho en was onderweg na Durban.

Die insittendes sou glo voorraad gaan koop. Sy kon nie sê watter soort voorraad nie.

Die polisie is nog besig om die oorledenes te identifiseer.

Vrydag is vyf mense omstreeks 09:00 dood in ’n botsing tussen motors op die R57-pad sowat 20 km van Heilbron.

Volgens konst. Josephine Rani, polisiewoordvoerder, was ’n wit VW Citi Golf van Heilbron in die rigting van Sasolburg onderweg toe dit met ’n Toyota Corolla bots.

Die bestuurder van die VW het na bewering beheer oor die voertuig verloor. Al vyf mense is op die toneel dood.

Die bestuurder van die Corolla is met ernstige beserings na ’n hospitaal gebring.

Volgens Rani is die oorledenes nog nie geïdentifiseer nie en word ’n saak van strafbare manslag ondersoek.

Die wrak van een van die minibus-taxi’s staan Saterdagoggend op die toneel langs die R26 tussen Bethlehem en Fouriesburg in die Oos-Vrystaat ná ’n grubotsing wat 13 mense se lewe geëis het. Foto: Facebook
Meer oor:  Padsterftes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.