Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
2 polisiekantore toe, weer oop ná positiewe toetse

Twee polisiekantore in Kaapstad moes in die afgelope 48 uur gesluit en ontsmet word nadat ’n beampte by elkeen van dié kantore positief vir die nuwe koronavirus getoets is.

Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, sê die polisiekantore in Athlone asook in Elsiesrivier was ’n tyd lank gesluit en die werk is elders gedoen.

Albei is egter skoongemaak en ontsmet, en is nou weer oop.

“Die mense met wie die beamptes in kontak was, word opgespoor en hulle word getoets,” het Potelwa gesê.

Die Athlone-polisiekantoor was sowat ’n maand gelede ook vir ’n naweek gesluit vir ontsmetting nadat ’n beampte daar positief getoets is.

Potelwa sê mense wat in hegtenis geneem is, is in dié tyd by die Bishop Lavis-aanhoudingselle aangehou.

Meer oor:  Elsiesrivier  |  Athlone  |  Sluit  |  Positief  |  Covid-19  |  Polisiekantore
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.