Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
2 seuns (7) dood toe motor in groep kinders inploeg

Twee 7-jarige seuntjies van Malamulele in Limpopo is dood nadat ’n motor Vrydagmiddag in ’n groep skoolleerlinge ingeploeg het.

Kapt. Mamphashwa Seabi, polisiewoordvoerder, sê die 40-jarige man wat die motor bestuur het, is in hegtenis geneem.

Die twee seuns was albei gr. 1-leerlinge aan die Mahlahle Combined School in Malamulele. Die polisie kon nie die twee seuns se name bekend maak nie.

Seabi sê dit is nog onseker wat presies gebeur het, maar die bestuurder van die voertuig het teen ’n hoë spoed in die groep kinders ingejaag wat van die skool na hul huise gestap het. Die ongeluk het op die Xithlelani-pad gebeur.

Die nooddienste is ontbied, maar daar was niks wat hulle vir die twee seuntjies kon doen nie. Die motor het glo bo-oor hulle gery.

Die seuns se maatjies wat die ongeluk gesien het, is erg getraumatiseerd.

“Maatskaplike werkers van die omgewing is Vrydagmiddag inderhaas ontbied vir berading aan die geskokte kinders,” sê Seabi.

Die motorbestuurder sal Maandag op twee aanklagte van strafbare manslag in die landdroshof in Malamulele verskyn.

Meer oor:  Malamulele  |  Seuns  |  Leerlinge  |  Dood  |  2  |  Motorongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.