Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
2 seuns (7) van Khayelitsha vermis; polisie vra hulp

Die Wes-Kaapse polisie is op soek na twee sewejarige seuns van Khayelitsha wat sedert Donderdag 15 Oktober vermis is.

Miyolo Gwinita is sedert Donderdag 15 Oktober vermis. Foto: Verskaf

Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, het Sondag gesê die twee seuns – die maatjies Miyolo Gwinita en Linathi Ntshonga – is laas in die gebied gesien waar hulle saam gespeel het.

Hulle is deur hul ouers as vermis aangemeld nadat hulle nie die seuns kon kry nie.

Linathi Ntshonga het Donderdag saam met sy skoolmaat Miyolo Gwinita gespeel toe hulle verdwyn het. Die polisie vra dat mense wat weet waar die twee seuns is, die Stopmisdaadnommer skakel. Foto: Verskaf

Traut het gesê dit is nog onseker wat die seuns ten tyde van hul verdwyning aangehad het.

“Enigiemand met inligting wat kan help om die twee seuns op te spoor, word gevra om die Khayelitsha-polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings by 082 301 8910 te kontak of die Stopmisdaadnommer, 0860 010 111, te skakel.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Khayelitsha  |  Kaapstad  |  Soektog  |  Verdwyn  |  Vermis  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.