Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
2 sterf ná dronk-bestuurder beheer verloor
’n Ongeluk op die R102 eis twee lewens. Foto: Verskaf
Die bestuurder het glo beheer oor die voertuig verloor. Die voertuig het gerol en langs die pad tot stilstand gekom. Foto: Verskaf

Twee tieners is dood in ’n ongeluk toe ’n dronkbestuurder Sondag beheer oor sy oorlaaide voertuig verloor het.

Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeerhoof, sê die ongeluk het omstreeks 15:45 op die R102 tussen Eersterivier en Somerset-Wes oorkant Sitari Estate plaasgevind.

Die bestuurder is vir dronkbestuur in hegtenis geneem. Foto: Verskaf

“Altesaam 14 mense was in die Nissan voertuig. ’n 14- en 16-jarige is dood, tien insittendes het geringe beserings opgedoen, twee is ernstig beseer en die bestuurder is ook ernstig beseer,” het Africa gesê.

Die bestuurder het glo beheer oor die voertuig verloor. Die voertuig het gerol en langs die pad tot stilstand gekom.

Die presiese oorsaak word ondersoek.

Die bestuurder is in hegtenis geneem vir dronkbestuur.

So lyk die wrak. Foto: Verskaf
Die voertuig was oorlaai en het gerol toe die bestuurder beheer daaroor verloor het. Foto: Verskaf
Meer oor:  Wes-Kaap  |  Ongeluk  |  Dronkbestuur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.