Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
2 sterf toe hulle vir Kaapse polisie wegjaag

Twee verdagtes is Donderdag dood nadat hulle teen ’n hoë spoed gejaag het om van die polisie in Kuilsrivier in Kaapstad weg te kom.

Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, het gesê die blitspatrollie het ’n wit Toyota Etios opgemerk wat verlede Augustus in Vishoek as gesteel aangemeld is.

Die motor het in Riebeeckstraat weggejaag en het uiteindelik in ’n ander voertuig vasgejaag.

“Die bestuurder en een van die passasiers van die Etios is op die toneel dood. ’n Derde insittende, ’n man van 40 jaar oud, is beseer.”

Die beseerde man is na ’n hospitaal geneem. Hy is tans in hegtenis in verband met die besit van ’n 9 mm-pistool wat in 2016 in Gqeberha gesteel is.

Die bestuurder van die ander voertuig is nie in die botsing beseer nie.

Die omstandighede van die saak word ondersoek.

Geen name is beskikbaar gestel nie.

Meer oor:  Kuilsrivier  |  Skietvoorval  |  Sterf  |  Verdagtes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.