Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
2 sterf toe skoolbus oor motor ry
Die skoolbus het die motor waarin die insittendes dood is, erg beskadig en gedeeltelik daaroor gery. Foto: Carol Booysen Valentine (Facebook)
Omstanders staan by die ongelukstoneel waar ’n motor en ’n skoolbus tussen Stanford en Gansbaai gebots het. Foto: Carol Booysen Valentine (Facebook)

Twee mense is Maandagmiddag dood toe ’n skoolbus en ’n motor tussen Stanford en Gansbaai gebots het.

Die bus het die Toyota Corolla op sy sy getref en gedeeltelik daaroor gery, het Jacques Mostert, woordvoerder van die provinsiale verkeersdienste, gesê.

Die twee insittendes van die motor is dood. Die motor het glo die bus getref toe dit ’n vragmotor probeer verbysteek het.

Die ongeluk op die R43 het omstreeks 14:40 sowat 3 km van Gansbaai af naby die Grootbos-natuurreservaat gebeur. Teen 17:00 was die pad nog gesluit om die bus en motor van die toneel te verwyder.

Die skoolbus behoort aan die hoërskool Gansbaai Academia en was benewens die bestuurder, leeg tydens die ongeluk. Die bestuurder het die ongeluk oorleef. 

Foto’s in sosiale media wys waar die bus langs die pad staan met die Corolla wat erg beskadig is.

Paddy Attwell, woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdepartement, sê die skoolhoof was op die toneel en het die ongeluk by die Overberg-onderwysdistrik aangemeld.

“Beraders van ons distrikskantoor sal die skool môreoggend besoek.”

Meer oor:  Gansbaai  |  Stanford  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.