Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
2 van 6 wat glo vergif word, reeds ontslaan

Twee pasiënte is reeds ontslaan terwyl drie ander in ’n stabiele toestand is nadat hulle Maandag byna vergif is deur ’n onbekende middel wat hulle ingeneem het in Wetton naby Lansdowne in Kaapstad.

Dié vyf, sowel as ’n sesde persoon, is Maandag na verskeie hospitale gehaas nadat hulle op straat ineengestort het.

Die slagoffers het glo ’n alkoholiese konkoksie ingekry voordat hulle die een ná die ander omgeslaan het.

ER24 personeel behandel Maandag ’n pasiënt op die toneel.

Die polisie in Lansdowne ondersoek die voorval terwyl twee pasiënte reeds uit die Groote Schuur-hospitaal ontslaan is en twee pasiënte in die Victoria- en een in die Tygerberg-hospitaal in ’n stabiele toestand is.

Daar kon nie vasgestel word hoe dit met die sesde pasiënt in die Somerset-hospitaal gaan nie, sê die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement.

“Dit word nie in hierdie stadium as ’n strafsaak beskou nie, maar die polisie in Lansdowne sal vasstel wat die omstandighede betreffende die voorval was,” sê lt.kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder.

Die Kaapstad-metro se gesondheidsafdeling sê hulle sal hul eie ondersoek doen sodra hulle inligting van die polisie ontvang rakende wat tot die voorval gelei het.

“Sodra formele kennisgewing oor die oorsaak ontvang is, sal die metro se departement van omgewingsgesondheid verdere ondersoek doen,” sê die metro in ’n verklaring.

“Dit sal verskeie aspekte dek, insluitend om vas te stel watter middel die slagoffers ingeneem het, die oorsprong daarvan en ander omstandighede rakende die voorval.”

Die metro sê hy wil nie oor die moontlike oorsaak van die slagoffers se toestand bespiegel voordat bloedtoetse of kliniese monsters voltooi is en onderhoude met diegene wat geraak is, gevoer is nie.

“Dit neem geruime tyd om hierdie ondersoeke af te handel en daarom vra ons die publiek en die media om geduldig te wees,” lui die verklaring.

“Dit is in almal se belang om toe te laat dat die ondersoek sy verloop neem sodat ons uiteindelik in staat is om konkrete antwoorde aan die slagoffers en hul gesinne te gee en advies te gee oor verdere optrede om soortgelyke voorvalle te voorkom.”

Meer oor:  Andrè Traut  |  Lansdowne  |  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.