Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
2 vragmotor-ongelukke in 2 dae by berugte kruising

Twee ernstige ongelukke het binne twee dae by die berugte Pinehaven-kruising in Krugersdorp plaasgevind.

’n Vragmotor met koeldrank het Dinsdagoggend by dié kruising omgeslaan en Maandag het twee vragmotors, een met koeldrank en die ander met kruideniersware, gebots.

Een van die vragmotors het glo nie betyds by die kruising tot stilstand gekom nie en vyf mense is in die botsing beseer.

Amanda de Lange, ’n VF Plus-raadslid wat Dinsdag op die ongelukstoneel was, sê dit is ’n wonderwerk dat niemand dood is nie.

’n VF Plus-afvaardiging het ’n paar maande gelede ’n dringende vergadering met Ishmael Vadi, Gautengse LUR vir vervoer, gehou om die beoogde oorbrug by die Pinehaven-kruising te bespreek.

Vadi het beaam dat die kwessie uiters dringend is, maar het gesê regsprosesse weens ongerymdhede met die tenderproses vertraag die projek, sê sy.

Die paaie op hierdie roete is nie ontwerp om soveel verkeer te dra nie.
Amanda de Lange

“Onopgeloste administratiewe kwessies regverdig nie moontlike lewensverliese nie en die VF Plus hou die owerhede aanspreeklik vir die hoë ongeluksyfer by die kruising.”

De Lange sê Dinsdag se voorval laat vrae ontstaan oor die spoedbeheer van swaar voertuie.

“Die vragmotor het om die draai beheer verloor en omgeslaan. Dit is net genade dat daar nie ander verkeer was nie, want die vragmotor het in die baan van die aankomende verkeer gelê.”

Sy sê die getal swaarvoertuigongelukke in die Mogale City-omgewing het drasties toegeneem. “Magaliesburg is al jare lank ’n brandpunt oor die swaar voertuie wat daar in ongelukke betrokke is.”

Verkeer- en spoedbeheermaatreëls moet drasties verskerp en toegepas word, veral aangesien die Magaliesburgse en Krugersdorpse paaie hoofweë is vir swaar voertuie na Noordwes en Botswana, sê sy.

“Die paaie op hierdie roete is nie ontwerp om soveel verkeer te dra nie.”

Die Gautengse departement van paaie en vervoer en plaaslike owerhede sal die situasie uiters dringend moet hanteer, sê sy.

Meer oor:  Krugersdorp  |  Ongelukke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.