Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
2 vroue in gastehuis voor Voëlklip-tragedie

Die identiteit van twee 75-jarige vroue wat die naweek in ’n motor oor ’n afgrond by Voëlklip naby Heroldsbaai gestort het, is aan die polisie bekend.

Hulle het in die dae voor die voorval in ’n gastehuis in Heroldsbaai tuisgegaan.

“Ons is egter nog in die proses om met hul naasbestaandes in verbinding te tree. Daar is dus ’n versoek dat die name nie in dié stadium uitgereik word nie,” sê sers. Chris Spies, ’n polisiewoordvoerder.

Volgens Spies is die oorledenes van Gauteng en was hulle sedert 17 Februarie in die gastehuis.

Dit is nog nie bekend presies wat gebeur het nie.

Die polisie is Saterdag om 18:45 na Voëlklip ontbied nadat ’n lid van publiek die polisie van die voorval ingelig het.

Die motorwrak word uit die Voëlklip-gebied weggery. Foto: Morne Swart/Our Voices/Facebook

Die wrak van die wit Mazda is Sondag kort ná 10:00 van die rotse verwyder. Die vroue se lyke is vroeër uit die motor gehaal.

Die polisie het ook beslag gelê op twee vuurwapens wat in die motorwrak aangetref is.

Volgens die polisie is albei vuurwapens in die oorledenes se name geregistreer. Dit sal vir ballistiese toetse gestuur word.

“ ’n Lykskouing sal vandeesweek gedoen word,” sê Spies.

Die jongste voorval kom sowat ’n maand nadat ’n 34-jarige ma en haar dogter van George ook in ’n motor oor ’n afgrond by Voëlklip gestort het.

Die polisie doen ’n geregtelike doodsondersoek na dié voorval.

Intussen het die inwoners ’n Facebook-groep, Save Voëlklip (https://www.facebook.com/groups/voelklip) gestig om oplossings te bespreek om die pad te beveilig of selfs tydelik te sluit.

Die provinsiaal geproklameerde pad loop oor private eiendom. Bykomende waarskuwingstekens is einde verlede jaar in die gebied aangebring.

Jandré Bakker, hoof van kommunikasie in die Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke, sê ’n vergadering is op 26 Januarie met die plaaslike owerhede, die grondeienaar en die provinsiale departement van vervoer en openbare werke gehou.

Omdat die pad oor private eiendom loop, sal die eienaar van die grond ’n formele versoek moet rig om die pad te laat sluit. Die departement sal daarna die nodige stappe doen om die pad amptelik vir die publiek te sluit.

Meer oor:  Heroldsbaai  |  Voëlklip  |  Afgrond  |  Gestort  |  Vroue
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.