Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
2 vroue met dieselfde naam en van dood in 1 week

Hoe toevallig is dit dat twee vroue met dieselfde naam en van in een week in een stad dood is – en boonop het albei aan kanker gely?

Twee Bloemfonteiners, albei Alet Ellis, is verlede week twee dae uitmekaar aan kanker dood.

Alet Ellis (80), die oudjoernalis en een van die eerste vroue wat haar LLB-graad aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) verwerf het is die naweek dood.

Dié een Alet, ’n oudjoernalis van Volksblad en een van die eerste vroue wat ’n LLB-graad aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) verwerf het, is die naweek op 80-jarige ouderdom aan kanker dood. Sy was ook later by die Universiteit van die Vrystaat betrokke.

Die ander Alet (76), ’n oudonderwyseres van Grey Kollege, is verlede Vrydag aan limfklier- en beenmurgkanker dood. Sy was getroud met Seunie.

Seunie sê dié twee vroue het mekaar geken, maar was nie familie of vriende nie.

“Destyds, toe ons nog in Universitas gewoon het, het ons gereeld oproepe van studente gekry wat met my vrou wou praat om hul punte aan te pas. Ek moes telkens verduidelik dat hulle by die verkeerde Ellis uitgekom het.”

Hy sê sy vrou het destyds ook toevallig saam met Stoffel, die ander Alet se man, by Sentraal skoolgehou.

Volgens hom is dit ongelooflik raar dat twee vroue met dieselfde naam en van en van dieselfde stad dae uitmekaar dood is en ’n dag uitmekaar ter ruste gelê word.

Willem Ellis, nefie van die oudjoenalis, stem saam dat dit ’n rare verskynsel is.

“Dit is ongelooflik dat twee Alet Ellisse van dieselfde stad slegs twee dae uitmekaar sterf.”

Hulle het Dinsdag toevallig gehoor daar is nog ’n Alet Ellis wat ook in die week dood is.

Lesers het gereageer op ’n berig oor die dood van sy tante en het gesê dit is nie Alet Ellis nie en dat die ouderdom, sterfdatum en begrafnisdatum verkeerd is.

“Bloemfontein is maar net so groot.”

Alet, die oudjoernalis, word op 14 Februarie 11:00 uit die Berg-en-Dal NG kerk Dan Pienaar begrawe, terwyl ’n troosdiens Donderdag omstreeks 10:00 vir Alet, die oud-onderwyser, in die Trinity Metodiste Kerk gehou word.

Meer oor:  Alet Ellis  |  Kanker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.