Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
2 wat in helikopter val, in stabiele toestand

Die twee bemanningslede van die militêre helikopter wat Donderdagmiddag in Centurion neergestort het, is albei in ’n stabiele toestand, het die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag Vrydag bekend gemaak.

Dit is beslis nie waar dat een van die mans intussen dood is nie, het die weermag in ’n verklaring gesê.

“Die SANW is bekommerd oor die onakkurate bewerings wat die ronde op sosiale media doen. Mense word gevra om die familie in dié opsig te respekteer,” lui die verklaring.

Die twee lede, wie se identiteit nog nie bekend gemaak is nie, het veelvuldige frakture opgedoen toe die

Agusta A10E-helikopter Donderdag omstreeks 13:30 naby die Zwartkop-gholfbaan in Centurion geval het.

Dit was net ’n entjie van die Swartkop-lugmagbasis langs die Ou Johannesburg-pad.

Hulle was van die Randse Skou op Nasrec op pad na die basis om brandstof te hervul toe die helikopter probleme ondervind het.

Die twee mans het albei veelvuldige breuke, insluitend ribbes en rugwerwels, opgedoen en is met ’n ander militêre helikopter na die Unitas-hospitaal gebring.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

Meer oor:  Centurion  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.