Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
20 beseer in minibustaxi-botsing

Minstens 20 mense is Woensdag in Mbombela (Nelspruit) in ’n botsing tussen ’n minibustaxi en ’n ligte motorvoertuig beseer.

Annine Siddall, woordvoerder vir ER24, sê die ongeluk het omstreeks 11:30 op die R40 in Nelspruit plaasgevind.

Paramedici het talle pasiënte langs die kant van die pad aangetref, van wie drie deur ER24 per ambulans hospitaal toe gebring is. Ander nooddienste op die toneel het ongeveer 17 ander pasiënte hospitaal toe geneem om die nodige mediese sorg te ontvang.

Die presiese oorsaak van die botsing word nog deur die toepaslike wetstoepassingsagentskappe ondersoek.

Die wrak van die minibustaxi.Foto: ER24
Die ongelukstoneel.Foto: ER24
Meer oor:  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.