Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
20 beseer toe taxi’s in Pretoria bots

20 mense, onder wie sewe kinders, is beseer toe twee taxi’s Saterdagnag laat in Pretoria gebots het.

Die passasiers se beserings het gewissel van gering tot matig, het Russel Meiring, ER24-woordvoerder, in ’n mediaverklaring gesê.

Die ongeluk het by die Simon Vermooten- en Pretoriapadkruising in Silverton gebeur.

Toe paramedici van ER24 op die toneel kom, het albei die taxi’s langs die pad gestaan. Van die insittendes het nog in die voertuie gesit, terwyl ander op die toneel rondgeloop het.

Die beseerdes is na nabygeleë hospitale gebring.

Owerhede was op die toneel om die oorsaak van die ongeluk te ondersoek.

Meer oor:  Er24-Nooddienste  |  Pretoria  |  Ongeluk  |  Taxi's  |  Beserings  |  Botsing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.