Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
2016 se beste memes

’n Suid-Afrikaner is ’n wonderlike ding.

2016 was ’n jaar vol opspraakwekkende nuusgebeure, maar in plaas daarvan dat ons in hordes Nieu-Seeland toe verhuis, maak ons memes. Van Jacob Zuma wat die geld moet terugbetaal tot Allister Coetzee wat met ’n blik Doom in die gesig bespuit word.

Hier is ’n paar van Netwerk24 se gunstelinge.

Sosiale media het gegons nadat foto’s op Twitter en Facebook verskyn het wat wys hoe lidmate van die Mount Zion General Assembly in Limpopo met Doom bespuit word.
Margaret van Schweizer-Reneke het besluit om haar huwelik en liefdeslewe op te kikker. Toe gebeur die WhatsApp-glips en alles en almal gons.
Draakstekers was heel oorspronklik oor die denkbeeldige Saxonwold-sjebien – die plek wat Brian Molefe, Eskom se uitvoerende hoof, geskimp het, bestaan in sy pogings om uit die pekel te kom ná die bekendmaking van die staatskapingsverslag.
Die konstitusionele hof het bevind dat president Jacob Zuma persoonlik gaan moet opdok vir die verbouings aan sy Nkandla-woning. So het Suid-Afrika gereageer . . .
Michael Phelps het voor die 200 m-vlinderslag in vanjaar se Olimpiese Spele vir Chad le Clos ’n vieslike kyk gegee.
Adv. Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer, se verslag oor staatskaping was nog skaars uitgereik toe Suid-Afrikaners begin het om met die beweerde knoeiers die gek te skeer.
Die Springbokke het nie ’n goeie jaar agter die rug nie. Die meeste ondersteuners kon ook nie aan enige hoogtepunte dink nie.
Memes van Donald Trump word al ’n rukkie lank wyd gedeel. Nadat hy as president verkies is, het die memes nog meer laat loop.
Dié meme dryf die spot met die “Doominee” van die Mount Zion General Assembly en ook die Springbok-breier Allister Coetzee. Die prediker het aan kerkgangers gesê dat Doom help om siektes te genees en dat dit ook bose geeste verdryf. Suid-Afrikaners besluit toe sommer om dié twee prente in een meme te gebruik.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.