Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
21-jarige ernstig beseer toe motor oor krans stort
Die wrak van die motor wat Sondag by Bainskloof na benede gestort het. Foto: Daan van Leeuwen Boomkamp

’n 21-jarige man is ernstig beseer nadat hy en nog twee mense Sondagmiddag in ’n motor oor ’n krans by Bainskloof naby Wellington in die Wes-Kaap gestort het.

“Ons beheerkamer het voor 15:00 ’n oproep ontvang dat ’n voertuig deur die versperring langs die R301-pad in die Bainskloofpas gebars en sowat 80 meter na benede gestort het,” het Daan van Leeuwen Boomkamp, hoof van die Drakenstein-plaaswag (DFW), Sondagaand aan Netwerk24 gesê.

“Twee persone is lig beseer en kon teen die krans opklim om hulp te ontbied. Hulle is op die toneel gestabiliseer en na die hospitaal gebring. ’n Derde man, die 21-jarige bestuurder van die voertuig, het ’n ernstige kopbesering opgedoen en is deur noodwerkers uit die motorwrak bevry en met ’n lugambulans na die hospitaal gebring,” het Van Leeuwen Boomkamp gesê.

Die reddingswerkers kon die beseerde man bereik ondanks die onherbergsame terrein.

“Min besonderhede oor presies wat gebeur het, is in die stadium bekend. Lede van die Wellingtonse polisie was op die toneel om ondersoek in te stel,” het Van Leeuwen Boomkamp gesê.

Drie persone is beseer toe die motor oor die krans gestort het. Foto: Daan van Leeuwen Boomkamp
Meer oor:  Wellington  |  Redding  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.