In die 24 uur wat Steve Hofmeyr in George deurgebring het, het hy geen enkele wit, swart of bruin mens teëgekom wat gekant was teen sy optrede daar of “enigsins onvriendelik” was nie – nie eens een mens het in die beplande optog teen hom betoog nie, het dié sanger op sosiale media gesê.
Hofmeyr het Donderdagaand in die stadsaal in George opgetree nadat die munisipaliteit verlede Vrydag ’n ommekeer gemaak het oor sy besluit dat

Die George-stadsaal was Donderdag vol toe Steve Hofmeyr daar opgetree het. Foto: Facebook/SteveHofmeyr
Hofmeyr nie in die stadsaal mag optree nie. Die aankondiging dat hy onwelkom is daar, het onder fel kritiek deurgeloop.
Faiez Jacobs, ANC-sekretaris in die Wes-Kaap, het verlede Woensdag in 'n brief aan die burgemeester en munisipaliteit geëis dat hulle die “wit heerssugtige” Hofmeyr se konsert kanselleer.
Chantel Edwards-Klose, woordvoerder van die munisipaliteit, het verlede Donderdag gesê hulle het hul ooreenkoms beëindig met die bemarkingsagentskap wat die saal namens Hofmeyr gehuur het. Die Vrydag het die DA egter in ’n verklaring gesê Hofmeyr is welkom in George.
“George was George. Ons is al 30 jaar vrinne,” sê Hofmeyr op sosiale media.
“Die konsert was uitverkoop en by die ANC-optogte het nie een siel opgedaag nie. Ek het gewag tot 12:00, maar nou moet ek vlieg. Hol blikke.”
Die konsert met 500 sitplekke was glo uitverkoop.