Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
25 kinders behandel ná hulle glo verfbalgas inasem

Die Noord-Kaapse departement van onderwys het Donderdag ’n sluier van geheimhouding getrek oor ’n voorval waarin 25 leerlinge van die Venus Primêre Skool in Homevale in Kimberley gehospitaliseer is nadat hulle glo gasse ingeasem het wat hulle siek gemaak het.

Die Noord-Kaapse LUR vir onderwys, Martha Bartlett, besoek Donderdag die Venus Primêre Skool in Homevale in Kimberley waar 25 skoolkinders erg begin hoes het nadat hulle chemikaleë wat uit verfballetjies ontsnap het, ingeasem het. Foto: Christiaan Cloete

Volgens Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, is die 25 kinders, tussen die ouderdom van 8 en 9, na die Kimberley-hospitaal geneem nadat hulle hewig begin hoes het van een of ander chemikalie.

Volgens Van Huyssteen het die leerlinge glo in die klaskamer met verfballetjies gespeel toe vyf van die balletjies oopgebars en ’n gas afgegee het.

Die kinders het erg begin hoes en die klaskamer is ontruim. Die nooddiens is ontbied en was omstreeks 09:30 op die toneel.

Van Huyssteen het gesê die presiese omstandighede om die voorval is nie bekend nie.

Dit is ook nie bekend watter chemikalieë hierdie uitwerking op die kinders sou hê nie.

Die Noord-Kaapse LUR vir onderwys, Martha Bartlett, besoek Donderdag die Venus Primêre Skool in Homevale in Kimberley. Foto: Christiaan Cloete

Met Netwerk24 se besoek aan die skool Donderdagmiddag was die Noord-Kaapse LUR vir onderwys, Martha Bartlett, daar om met die skoolhoof oor die voorval te praat.

Die saak word nog ondersoek en die betrokke kinders se ouers is nog nie in kennis gestel nie, is aan Netwerk24 gesê. Daarom kan inligting rakende die voorval nog nie bekend gemaak word nie.

Die skoolhoof wou ook nie praat nie en het versoek dat die regte protokol gevolg word.

Bartlett het Netwerk24 na ’n departementele woordvoerder, Geoffrey van der Merwe, verwys wat nie foonoproepe geantwoord of op teksboodskappe gereageer het nie.

Lulu Mxekezo, ’n woordvoerder van die departement van gesondheid, het laat Donderdagmiddag bevestig die kinders is by die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal behandel, maar het gesê almal is reeds ontslaan.

Meer oor:  Kimberley  |  Leerlinge
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.