Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
25 vra hulp ná FB-vraag oor dwelmmetode

Altesame 25 dwelmslawe is van Vrydagoggend af in rehabilitasie nadat hulle ’n werksessie in Soshanguve, noord van Pretoria, bygewoon het.

Die Tshwane-Universiteit vir Tegnologie (TUT) se radiostasie, TUTfm, het sowat twee weke gelede die bluetooth-metode om dwelms te deel, op ’n oggendprogram bespreek, en dit het soos ’n veldbrand op sosiale media versprei.

Die bluetooth-metode is wanneer een persoon uit ’n groep van sowat vyf die dwelm nyaope rook en sy vriende dan sy bloed trek en hulself daarmee inspuit om ook bedwelm te raak.

Nyaope is ’n gewoonlik heroïen-gebaseerde dwelm wat na wat berig word ook anti-retrovirale middels kan bevat. Dit word soms met dagga gemeng.

Bapsy Sambo, een van die organiseerders van die werksessie, sê dit het as ’n gewone Facebook-inskrywing begin om reaksie te kry vir die oggendprogram.

“Ons wou mense aan die praat kry. Ons het op Facebook gevra wat mense van die bluetooth-metode dink, en dit het binne ’n paar uur soos veldbrand versprei.

“Ouers en selfs dwelmslawe het ons gebel om hulp te kry. Ons het besef iets moet gedoen word.

“Ons het die polisie genader en ’n rehabilitasiesentrum in Soshanguve het ook ingestem om te help.”

Die polisie het glo sowat 30 dwelmslawe bymekaar gebring en hulle na die Mabopane-taxistaanplek geneem.

“Ons het oor die gevare van nie net bluetooth nie, maar van dwelmgebruik in die algemeen, gepraat. Daar was musiekoptredes en gratis MIV/vigs-toetse vir diegene wat wou. Voormalige dwelmslawe het ook hul stories met ons gedeel en andere aangemoedig om hulle te rehabiliteer,” het Sambo gesê.

Altesame 25 dwelmslawe het ingestem om ses weke lank gratis rehabilitasie te ontvang.

“Ons is so bly ons kon ’n verskil in mense se lewe maak. Ons hoop om dit weer te kan doen,” het Sambo gesê.

Meer oor:  Tut  |  Soshanguve  |  Facebook  |  Rehabilitasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.