Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
2de Wolseley-slagoffer begrawe

Miché Pienaar (25), een van die drie moordslagoffers wie se lyke in Oktober in vlak grafte in die Pine Valley- informele nedersetting in Wolseley gekry is, is die naweek begrawe.

Pienaar is die tweede slagoffer wat geïdentifiseer is nadat die lyk van Bernadine Frans (21) op 24 Oktober gekry is toe ’n man op heterdaad betrap is waar hy haar lyk gesleep het.

’n Dag later het die polisie op die lyke van nog twee vroue in vlak grafte in ’n veld afgekom. Pienaar is aan haar vingerafdrukke uitgeken.

Miché Pienaar se ma, Francis, saam met Bernadine Frans se ma, Kristien Marthinus, tydens die begrafnisdiens in Wolseley.

Francis Pienaar (65), Pienaar se ma, sê sy is dankbaar dat sy haar kind kon begrawe.

“As hy nie betrap is nie, sou ons nooit geweet het wat van Miché geword het nie,” sê Francis.

Sy sê dit was moeilik om die tyding van Pienaar se dood aan haar vierjarige seun, Wynand, oor te dra.

“Hy is nog so jonk en hy sal grootword wetend dat sy ma in die fleur van haar lewe van hom af weggeruk is. Hier het nog nooit so iets afgrysliks gebeur nie. Die hele dorp probeer dit nog verwerk.”

Begrafnisgangers by Miché Pienaar se graf.

Pienaar se ma sê sy en Frans se ma, Kristien Marthinus, het mekaar op die begrafnis bygestaan.

“Ons albei het ons kinders wreed verloor. Ons weet hoe pynlik dit is. Ek het verlede week haar kind se begrafnis bygewoon en sy was daar om my te ondersteun die week.

“Ons het saam ’n kers aangesteek ter herinnering aan ons dogters en Kristien het verskriklik gehuil. Dit was baie emosioneel,” sê Francis.

“Ek het my berus in wat met my dogter gebeur het, maar dit maak steeds seer. Nou sal ons wag dat haar moordenaar gestraf word.”

Die polisie wag nog vir DNS-uitslae om die derde slagoffer te identifiseer.

Die verdagte Siyamcele Sobambela (32), wat van die moord op drie vroue aangekla is, sal weer op 9 Desember in die hof verskyn.

Meer oor:  Wolseley  |  Vermoor  |  Begrawe  |  Slagoffer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.