Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
3 busse van Intercape van pad afgetrek
Sam Mashinini, LUR vir polisie, paaie en vervoer in die Vrystaat, praat Donderdag met ’n motoris tydens ’n stop-en-deursoek-operasie op die N1-snelweg buite Bloemfontein. Foto: Facebook/Vrystaatse departement van polisie, paaie en vervoer

Vyf busse, insluitende drie van Intercape, is Donderdag deur owerhede in die Vrystaat van die pad afgetrek en geskut omdat hulle glo sonder die nodige dokumentasie gery het.

Die polisie en verkeersowerhede het die N1 buite Bloemfontein Donderdag gepatrolleer en busse afgetrek.

Die ander twee busse behoort aan Eagle Liners en Chiwaya Tours.

Hillary Mophethe, woordvoerder van die departement van polisie, paaie en vervoer, sê die busse is na ’n toetsstasie in Bloemfontein geneem en daar verder ondersoek.

Daar is egter bevind dat al vyf busse padwaardig is. Boetes is uitgereik waarna die busse weer toegelaat is om verder te ry.

Dit is nie duidelik wat die lot van die passasiers op die busse was, en of die betrokke maatskappye alternatiewe reëlings getref het nie.

Volgens Mophethe het Sam Mashinini, Vrystaatse LUR vir polisie, paaie en vervoer, wetstoepassers na paaie in die provinsie ontplooi om te verseker padgebruikers hou by die padreëls.

Beamptes is ook op die uitkyk vir dwelms en ander onwettige middels.

Bykans 300 voertuie is ook op die N3 naby Harrismith gestop en deursoek.

Vyf buitelanders is aangekeer omdat hulle nie kon bewys hulle is wettig in die land nie. Vier ander mense is in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelike gesteelde diesel en 42 boetes is vir ’n reeks ander oortredings uitgeskryf.

Sam Mashinini, LUR vir polisie, paaie en vervoer in die Vrystaat, hou inspeksie by een van die voertuie wat Donderdag op die N1-snelweg buite Bloemfontein afgetrek is. Foto: Facebook/Vrystaatse departement van polisie, paaie en vervoer
Sam Mashinini, LUR vir polisie, paaie en vervoer in die Vrystaat, stap saam met polisiebeamptes op die N1-snelweg buite Bloemfontein waar ’n padblokkade gehou is. Foto: Facebook/Vrystaatse departement van polisie, paaie en vervoer

Meer oor:  Bloemfontein  |  Vervoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.