Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
3 dood in busongeluk op alternatiewe roete by Plet

Minstens drie mense is Vrydag dood nadat 'n busbestuurder beheer oor die voertuig naby Plettenbergbaai verloor het.

Kenny Africa, verkeershoof in die Wes-Kaap, sê die ongeluk het gebeur op die alternatiewe roete, wat motoriste weens betogings in Plettenbergbaai gebruik.

Die N2 by Plettenbergbaai is reeds sedert Dinsdagaand gesluit nadat voorvalle van klipgooiery voorgekom het. Verkeer word sedertdien via Robbergweg herlei omdat die N2 by Rastas, oorkant Weldon Kaya, versper word, terwyl bande ook gebrand word.

Africa sê drie passasiers van die bus is dood, terwyl twee nog in die bus vasgekeer is.

"Ons maak van 'n stop-ry-stelsel gebruik," sê Africa.

Minstens 43 mense is in die ongeluk beseer, terwyl van die beseerdes na verskeie hospitale geneem is. Minstens 23 mense is na die gemeenskapsaal in Plettenbergbaai geneem.

ongeluk
Minstens drie mense is Vrydag dood nadat 'n busbestuurder beheer oor die voertuig verloor het. Foto: Verskaf

Die Bitou-munisipaliteit het Donderdag in 'n verklaring gesê dat die betogings op die N2 naby Plettenbergbaai nou bloot net vandalisme en misdadigheid is.

"Bitou sien dit wat oor die afgelope twee dae gebeur het, veral die misdadige aktiwiteite Woensdagaand en Donderdag in die vroeë oggendure, nie meer as betogings oor dienslewering nie."

Die munisipaliteit sê die veiligheid van padgebruikers en voetgangers langs die N2 bly 'n groot probleem en daarom is die N2 by Plettenbergbaai tussen die Shell-vulstasie en Kwanokuthula steeds gesluit, en word verkeer herlei.

Soos vroeër berig het inwoners van Qolweni Dinsdag omstreeks 10:00 'n optog na die munisipale kantore in Plettenbergbaai gehou, waar 'n grieweskrif aan Peter Lobese, Bitou se burgemeester, oorhandig is.

Die optog is beplan en toestemming is daarvoor deur die Bitou-munisipaliteit verleen. Inwoners is glo ontevrede oor behuising, mense wat in huise bly en hutte uitverhuur, die hoë werkloosheidsyfer, gebrek aan sportontwikkeling, en tenders wat altyd aan dieselfde ondernemings toegeken word.

Meer oor:  Plettenbergbaai  |  Bus  |  Beseer  |  Betogings  |  Dood  |  Dienslewering  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.