Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
3 dood op eerste Sassa-betaaldag

Drie mense is Maandag dood kort nadat hulle hul maatskaplike toelaes by Sassa-betaalpunte ontvang of daarvoor gewag het, het Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling, Dinsdag op ’n mediakonferensie in Pretoria gesê.

Pres. Cyril Ramaphosa het in ’n verklaring sy hartseer oor die drie mense se dood uitgespreek.

’n 74-jarige man is dood nadat hy sy Sassa-toelae by die Vangate Mall in Athlone, Kaapstad, gaan haal het.

In KwaZulu-Natal het ’n 63-jarige vrou by die Hamersdale-poskantoor inmekaargesak en gesterf, terwyl ’n 66-jarige vrou dood is oomblikke nadat sy uit ’n taxi by die Pimville-poskantoor in Soweto in Gauteng geklim het.

“Hoewel van die mense se gesondheid nie goed is nie, gaan haal hulle steeds hul geld omdat hulle kos op die tafel nodig het,” sê Zulu.

Sy sê die uitbetalings het Dinsdag baie beter verloop as Maandag.

Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling.

Ondanks ’n beroep dat slegs bejaardes, mense met gestremdhede en swanger vroue Maandag hul toelae moet gaan haal, het baie ander mense ook opgedaag.

Stoele is by kleinhandelaars uitgesit vir mense om op te sit en die mense is in hanteerbare groepe opgedeel.

“In die toekoms moet die rye egter beter bestuur word. Gesprekke vind plaas oor hoe dit beter hanteer kan word.

“Ek het vandag gesien van die groot winkels het die situasie baie beter hanteer as gister,” het Zulu gesê.

Sy erken dat haar departement se vooruitskattings verkeerd was, omdat daar te min geld vir al die begunstigdes beskikbaar was.

Daar was kitsbanke wat nie meer geld gehad het nie, maar die Reserwebank het glo reëlings getref dat daar in die toekoms meer geld vir kitsbanke beskikbaar sal wees.

Zulu sê hoewel dinge Maandagoggend glad verloop het, was die rye te lank en mense het nie ’n gesonde afstand van mekaar gehandhaaf nie.

“Vandag (Dinsdag) was die situasie baie beter omdat daar meer helpers was. Lede van nieregeringsorganisasies en gemeenskapslede het kom help.”

Van die nieregeringsorganisasies en organisasies sonder winsbejag het glo gekla dat hulle deur die polisie verhinder word om te help.

Die minister het voorgestel dié organisasies skakel met hul plaaslike en provinsiale owerhede se departemente van maatskaplike ontwikkeling om die nodige dokumentasie te ontvang.

Fikile Mbalula, minister van vervoer, het op dieselfde mediakonferensie gesê hy is sedert Maandag in gesprek met taxiverenigings om haakplekke uit die weg te ruim en om planne te maak om dié bedryf te help om die uitdagings van die nasionale staat van inperking te oorkom.

Meer oor:  Koronavirus  |  Sassa  |  Lindiwe Zulu  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.